EDEN DISTRIK NUUS - Elke jaar vereer die Eden-sportraad en die departement van kultuursake en sport persone wat 60 jaar en ouer is en wat 'n beduidende bydrae tot die ontwikkeling van sport oor baie jare bygedra het.
Omdat sportfederasies se besture al hoe jonger word, gebeur dit soms dat hulle moontlik nie weet van sulke legendes in hulle onderskeie sportkodes nie. Die publiek se insette kan dus van onskatbare waarde wees. Die Eden-sportraad nooi die gemeenskap om die name en kontakbesonderhede asook 'n kort beskrywing van waarskynlike sportlegendes aan die sekretaris, Dave van der Walt (sportcouncil.eden@gmail.com).
"Enige persoon wat weet van sportpersone wat sedert Julie 2017 afgesterf het maar tog intens betrokke was by sport, word versoek om hierdie inligting deur tee gee. Die sluitingsdatum is 22 Junie.
Vir meer inligting kan u gerus vir Dave van der Walt (082 773 4901) kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'