EDEN DISTRIK NUUS - Die Eden-sportraad se bestuur is onbestrede herkies tydens die afgelope algemene jaarvergadering.
Dave van der Walt, sekretaris, het egter te kenne gegee dat sodra 'n geskikte nuwe sekretaris aangewys word, hy sy bedanking indien.
Die algemene jaarvergadering het op Donderdag 7 Junie in George plaasgevind.
Die bestuur is:
- Voorsitter: Desmond Speelman
- Visevoorsitter: Rudie Claassen
- Sekretaris: Dave van der Walt
- Tesourier: Christel Johannes
- Departement sport en kultuur: Dirk van der Westhuizen en Jean Neethling
- Eden-akademie en afrigters: Abrie de Swardt
- Plaaswerkers: Reggie Dyssel
- Federasies: Corné Bence en Trevor Davis
- Munisipaliteite: Ebrahim America
- Skolesport: Pat Witbooi
- Sport vir persone met gestremdhede: Vivien Langeveld
- Transformasie-monitering: Elvis Shishana
- Vrouesport: Anita Barnard
- Atlete-verteenwoordiger: Kittie Terblanche
Na 44 jaar se diens in sportadministrasie het Van der Walt kennis gegee dat hy as sekretaris sy bedanking indien.
Geen nominasies vir sy pos is ontvang nie en op versoek van Speelman en die res van die sportraad is hy gevra om in sy pos aan te bly tot 'n geskikte kandidaat gevind word.
Die visevoorsitter van die Wes-Kaapse departement sport en kultuur, Bennett Bailey, het Van der Walt geloof vir sy onbaatsugtige diens as sportadministrateur. Bailey het gesê: "Toe dit onder my aandag kom dat Dave van der Walt sy bedanking gaan indien, het ek besluit om ter ere van hom die vergadering by te woon."
Hy het Van der Walt as een van die mentors in sy sportloopbaan beskryf. "Dave is 'n lojale en hardwerkende sportadministrateur," het Bailey gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'