SKAAK NUUS - Gedurende die naweek van 17 tot 19 Maart het die skaakunies van Weskus/Cape Winelands/Overberg/Eden en WP kragte gemeet by die Garden Route Hotel in Mosselbaai om die beste unie in die Wes-Kaap te bepaal.
Op Vrydagaand is 'n blitstoernooi gehou en die wenners was WP met Eden in die tweede plek.
Saterdag en Sondag het die spanne mekaar die stryd aangesê in die spankompetisie.
'n Span het bestaan uit vier senior mans, vier senior dames, vier junior seuns en vier junior dogters. Eden het hulle goed van hulle taak gekwyt teen die sterk kompetisie van die ander unies.
Die senior mans en dames het derde geëindig. George Swart het die beste gevaar op bord drie by die senior mans. Hoewel die juniors nie podiumplekke losgeslaan het nie, het hulle uit-stekende skaak gespeel en definitief baie uit die toernooi geleer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’