EDEN ROLBALNUUS - Die Eden Loeries-rolbalspan vir opkomende spelers, het vir die eerste keer daarin geslaag om die Boland Kuipers tydens 'n toernooi op Bonnievale oortuigend met 106-74 te klop.
Die mansspan van die Loeries het verlede jaar met die louere weggestap, maar nog nooit kon beide die mans- en vrouespanne daarin slaag om die Bolanders te klop nie.
In vanjaar se toernooi het die mans die Bolanders met 58-32 geklop terwyl die dames hul kragmeting met 48-42 gewen het.
Die toernooi is in 2002 in die lewe geroep om die opkomende spelers van die twee rolbalstreke geleentheid te gee om blootstelling op streekvlak te kry. Die WP was ook aanvanklik by die toernooi betrokke, maar het 'n paar jaar gelede onttrek.
Die Eden Loeries se vrouespan is verteenwoordig deur agter, van links: Bronwym Jumat, Desi Geldenhuys, Christel Griebenauw, Marlene Johnson en Justine Eaglestone. Voor: Riana van Eeden, Ansie Olivier, Sharon Short, Lorraine van Vollenstee, Jenny Sinclair (spanbestuurder), Charlene Steyn, Charlotte Fernhout.
Die lede van die Eden Loeries se mansspan is agter, van links: Wayne Ridden, Francois Lamprecht, Kurt Steyn, Jacques Barnard, Leighton Prins, Terrence Wilson (spanbestuurder), John Young en Luke Huggell. Voor: Willem Fick, Elroy Booysen, Willem Rooy, Alhan van der Merwe en Ynolan Issacs.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'