MOSSELBAAI NUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe is verlede naweek op Hopetown (539km) losgelaat. Die duiwe het deelgeneem aan twee wedvlugte naamlik die jaaroud- en die ope afdeling.
Dit was die duiwe van Kalaharie Boesman wat uitstekend presteer het deur beide die twee onderskeie klubwedvlugte vir hul eienaars te wen.
Kalaharie Boesman het beide wedvlugte met 'n voorsprong van amper ses minute gewen. In die klub se jaaroud afdeling behaal Joe Lemos die tweede plek gevolg deur Fanie Ackermann in die derde plek. In die ope verower Fanie Ackermann die tweede plek met kort op sy hakke Joe Lemos in die derde plek.
In die dorpseksie se jaaroud afdeling vaar Chris Nel uitstekend deur die eerste twee plekke in te palm. Jerry van der Mescht presteer ook goed deur die derde en vierde plekke te behaal.
In die dorpseksie se ope afdeling is dit Alfie Ladson wat met die wenduif spog gevolg deur Tom & Louise Swart in die tweede plek. Van der Mescht behaal die derde plek.
Uitslae
Klub jaaroud: Kalaharie Boesman (1, 10); Joe Lemos (2, 6, 7, 11, 13, 17, 22, 29); Fanie Ackermann (3, 21, 24); Chris Nel (4, 5, 28) Jerry van der Mescht (8, 14); Sunday Monteiro (9, 12, 15, 27, 30); Alfie Ladson (16, 20, 26); T&L Swart (18, 25); Hein Binedell (19, 23).
Klub ope: Kalaharie Boesman (1, 6, 7, 16, 22, 27, 29); Fanie Ackerman (2, 5, 19, 21); Joe Lemos (3, 9, 14, 26); Sunday Monteiro (4, 10, 13, 17, 18, 30); Alfie Ladson (8, 23, 24); T&L Swart (11, 20); Jerry van der Mescht (12); Hein Binedell (15, 25, 28).
Dorp jaaroud: Chris Nel (1, 2, 10, 12, 16, 18); Jerry van der Mescht (3, 4, 11, 17, 19); Alfie Ladson (5, 7, 9, 15); T&L Swart (6, 8, 13, 14, 20).
Dorp ope: Alfie Ladson (1, 5, 6, 9, 13, 17); T&L Swart (2, 4, 8, 10, 12, 18); Jerry van der Mescht (3, 7, 11, 14); Chris Nel (15, 16, 19, 20).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'