Gallery
MOSSELBAAI SPORT NUUS - Driekampatlete en hul getroue ondersteuners het Sondag, 15 Januarie vir die eerste keer vanjaar in Groot-Brakrivier byeengekom.
Ofskoon dit die eerste byeenkoms vir die jaar was, is dit die tweede driekampbyeenkoms vir die 2022/2023 seisoen.
FOTOGALERY: Driekampatlete op Groot-Brakrivier
Die Eden-driekamp-kampioenskap vind Sondag, 5 Februarie in Groot Brakrivier plaas. Vir meer inligting besoek www.edentriathlon.co.za.
Die Eden-driekampspan wat aan die SA naelrenkampioenskappe op 26 Februarie in Maselspoort, Bloemfontein gaan deelneem, word binnekort aangekondig.
Jongste podiumuitslae
Super naelren (super sprint)
(400m swem, 10km-fietsry, 2,5km-hardloop):
- Mans/seuns: 1. Ruben Marais; 2. Llewelyn Viljoen; 3. Francois du Toit.
- Vroue/meisies: 1. Karli Lötter; 2. Annabelle McEwan; 3. Minay Botha.
Naelren (sprint)
(750m-swem, 20km-fietsry, 5km-hardloop):
- Mans: 1. Christian Hatting; 2. Franna Voster; 3. Jack Powell.
- Vroue: 1. Marlie Duvenhage; 2. Madre van Zyl; 3. Zani Smith.
Standaardafstand
(1 500m-swem, 40km-fietsry en 10km-hardloop):
- Mans: 1. Bonga Nkqintiza; 2. Hendrik van Zyl; 3. Gerhard Le Roux.
- Vroue: 1. Jo-Mari Smith; 2. Lize van der Mescht; 3. Chane Gricius.
William Bennet konsentreer hard met die fietsry.
Rudolf Boshoff en Megan Higga lyk heel vrolik tydens die hardloopsessie. Foto's: Deidre Cloete
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'