MOSSELBAAI NUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan wedvlugte vanaf Winburg (780km). Die duiwe is Saterdagoggend om 06:30 op Winburg vrygelaat met Smalberger-hokke wat die wenduif in die ope een afdeling om 16:10 klok, gevolg deur Tom en Louise Swart in die tweede en derde plekke.
Smalberger-hokke wen die ope een afdeling met 38 minute voor die tweede duif geklok word.
In die ope twee afdeling behaal Larry van Vuuren die eerste twee plekke gevolg deur Tom en Louise Swart in die derde plek.
Smalberger-hokke wen die dorpseksie se ope een afdeling terwyl Tom en Louise Swart die tweede en derde plekke behaal.
Die dorpseksie se ope twee afdeling word gewen deur 'n duif van Tom en Louise Swart met Smalberger hokke in die tweede plek en Tom en Louise Swart weer in die derde plek. Die klub se volgende wedvlugte vind Saterdag vanaf Kroonstad plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'