MOSSELBAAI NUUS - Curro Mosselbaai se leerders het goed presteer in verskeie sportkodes tydens die Knysna Oesterfees en hulle prestasies is met verskeie medaljes beloon.
Medaljes is verower in 50km bergfietswedren; die ASWD landloop-ligabyeeenkoms; 4x200m en 4x400m aflosse; straatmyl en die 5km-pretdraf. Die Curro-ouers het ook puik presteer in die Knysna-halfmarathon en die 11km Featherbed-veldwedloop.
Adriaan Fourie, Micaela Kirsten, Mihlali Gxavu, Rocco Calitz en Ricardi Matthee het almal puik gevaar tydens die landloopbyeenkoms.
Die 4x400m-aflosspanne het puik gedoen met Brian-Louw Kruger, Adriaan Fourie, Mihlali Gxavu en Micaela Kirsten se span wat 'n derde plek verower het.
Eben Conradie (Hartenbos Drawwers), Zuré Vermeulen (BiFit Mosselbaai), Danel Gerber, Adriaan Fourie, Mihlali Gxavu en Rocco Calitz het almal goed gedoen in die straatmyl. Adriaan Fourie, Eben Conradie (Hartenbos Drawwers) en Rocco Calitz het puik gevaar in die 5km-pretdraf met al drie atlete wat uitstekende tye behaal het.
Curro Mosselbaai se atlete is besig om gereed te maak vir 'n besige atletiekseisoen wat voorlê met die laaste winterligabyeenkomste, 'n neon-pretdraf en 'n 35m binnenshuise reeks wat plaasvind voor die nuwe seisoen afskop.
Atlete, afrigters en besighede wat wil betrokke raak by die opwindende reis van WildDog Athletics kan Curro se atletiekhoof kontak, jannie.n@curro.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'