TUINROETE DUIWENUUS - Die Eden-wedvlugduiffederasie het op Vrydag, 30 Augustus 'n geslaagde wedvlugduiweskou op George by die George-landbouskou aangebied.
Twaalf duiweboere het 'n totaal van 86 duiwe ten toon gestel. Sanpo-beoordelaars Faunty Gillmer en Danie Barnard het 'n taai stryd gehad om die getal goeie gehalte duiwe te beoordeel.
Chappie Gertenbach (Chapmar) van Mosselbaai het met die louere as groot kampioen op die skou weggestap terwyl Gert Hills van Knysna die trofee vir puntekampioen ingepalm het. Chappie het ook die trofee vir die kampioenmannetjie verower terwyl Flip Brand die trofee vir die kampioenwyfie ingepalm het.
Uitslae
Die uitslae in die onderskeie klasse is soos volg:
Klas 1: Le Grange hokke; Klas 2: Tol Nel; Klas 3: Chapmar; Klas 4: Flip Brand; Klas 5: Gert Hills; Klas 7 en 8: Guilloumè Fourie; Klas 9: Chapmar; Klas 10: Gert Hills en Klas 11: George Bezuidenhout.
Duiweboere en belangstellende skougangers het gesellig saamgekuier in die duiwetent en selfs 'n besoek van die Fiësta-aanbieders ontvang wat meer oor wedvlugduiwe te hore wou kom.
"Groot dank gaan aan al die duiweboere wat met die voorbereiding en organisering van die skou gehelp het, die vertoners wat deelgeneem het asook 'n spesialewoord van dank aan Gerard vir sy hulp met die beskikbaarstelling van die tent en die oprig van die skouhokkies."
Gert Hills (middel) van Knysna het die trofee vir puntekampioen ingepalm By hom is Sanpo-beoordelaars, Danie Barnard (links) en Faunty Gillmer.
Chappie Gertenbach (Chapmar) van Mosselbaai het met die louere as groot kampioen op die skou weggeloop en ook die trofee vir die kampioenmannetjie verower.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'