Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Duiweboere van die Eden Posduiffederasie het Sondag angstig gesit en wag vir hul duiwe om terug te keer vanaf Prieska (505km). Die duiwe is weens die voorspelling van gure weer vir Saterdag, eers Sondag om 09:30 losgelaat.
Weens die sagte reën wat vroeg Sondagoggend op Prieska neergesif het is daar besluit om te wag tot die reën opklaar en is beide groepe, ope 1 en ope 2, dieselfde tyd gelos.
Chappy Gertenbach van Chapmar Lofts was eerste van die Mosselbaaise duiweboere om 'n duif te klok.
Hy klok sy wenner enkele sekondes na 17:00 en is dit dan ook sy eerste wen vir die seisoen. Dié duif het in die ope 1 afdeling deelgeneem.
Tweede in dié afdeling is Essie Esterhuizen (AJE Lofts) en derde en vierde onderskeidelik is twee duiwe van Faunty Gillmer (Gillroy). Slegs 11 duiwe wat in die ope 1 afdeling deelgeneem het was Sondagaand terug in hul hokke, die ander het Maandag teruggekeer.
In die ope 2 afdeling kraai Danie Barnard (Barnard Lofts) koning met sy wenduif wat hy om 17:34 klok. Tweede is Gillmer, derde Jan Rousseau, vierde Boshoff & Haung RPL en vyfde Hekka Fourie. Jan Marais (6de) het ook Sondagaand 'n duif geklok terwyl die ander in die ope 2 afdeling eers Maandag teruggekeer het.
Kyk 'n video hieronder:
Uitslae
Ope 1: Chapmar (1, 15, 22, 27); AJE Lofts (2, 23, 26); Gillroy (3, 4, 7, 16, 17, 20, 21, 25, 29, 30); Hekka Fourie (5, 6, 8, 10, 11); Barnard Lofts (9, 19); Boshoff & Haung RPL (12); R&R Lofts (13, 28); Jan Rousseau (14, 24); Jan Marais (18).
Ope 2: Barnard Lofts (1, 17, 18, 21, 22, 27, 28); Gillroy (2, 7, 15, 24); Jan Rousseau (3, 19, 25); Boshoff & Haung RPL (4); Hekka Fourie (5); Jan Marais (6, 10, 12, 13, 16, 26); Daan Stander (8, 14); Chapmar (9, 23, 29, 30); AJE Lofts (11); Tol Nel (20).
Die duiwe word die naweek op Groblershoop losgelaat.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'