Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die geveerde vriende van die Mosselbaaise duiweboere wat die afgelope naweek aan die ope-wedvlugte vanaf Groblershoop (590km) deelgeneem het, het goed teruggekeer.
Chappie Gertenbach (Chapmar) en Danie Barnard (Barnard Lofts) was eerste in die Mosselbaai-klub om hul duifies in onderskeidelik die ope 1 en ope 2 wedvlugte te klok.
Die ope 1 duiwe is om 06:45 losgelaat.
Gertenbach klok sy wenner om 14:11 en Barnard syne om 14:42.
Kyk 'n video hieronder:
Die die ope-wedvlugte word hier by Groblershoop losgelaat.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'