MOSSELBAAI SPORTNUUS - Cas le Grange, nuwe afrigter van CBS Hokke, het die afgelope naweek die vrugte gepluk van sy moeite en toewyding toe een van CBS Hokke se duiwe die ope wedvlug vanaf Marydale (525km) in die Mosselbaai-klub gewen het.
Le Grange palm self ook vier plekke in die jaaroud- en vyf plekke in die ope wedvlug met sy eie spanne in.
Barnard Lofts se A-span wen die jaaroud-wedvlug met Gert Wessels in die tweede en derde plekke en Fanie Mollentze in die vierde en vyfde plekke.
In die ope-wedvlug was dit 'n breekdeel van 'n sekonde wat CBS vir Mollentze klop met Barnard Lofts se A-span wat die derde en vierde plekke inneem. Wessels spog hier met die vyfde plek.
In die junior afdeling maak Logan Boshoff skoonskip deur beide die jaaroud- en ope-afdelings te wen.
Uitslae
Jaaroud: Barnard Lofts A (1, 17); Gert Wessels (2, 3, 26); Fanie Mollentze (4, 5, 9, 22, 29); Van Eeden Lofts (6, 13); Barnard Lofts B (7, 8, 11); Gillroy 2 (10, 25); Le Grange Hokke (12, 14, 15, 21); Gillroy 1 (16); Chapmar (18, 19); CBS (20, 30); Jan Marais (23, 24); Daan Stander (27, 28).
Ope: CBS (1, 16, 23); Fanie Mollentze (2, 22); Barnard Lofts A (3, 4, 14); Gert Wessels (5, 19); Hekka Fourie (6, 17, 26); Daan Stander (7, 21); Le Grange Hokke (8, 9, 18, 27, 29); Van Eeden Lofts (10); Jan Marais (11); Barnard Lofts B (12); Gillroy 2 (13, 24, 25); Chapmar (15, 28, 30); Gillroy 1 (20).