MOSSELBAAI SPORTNUUS - Mosselbaai se duiwe moes die afgelope naweek 'n afstand van gemiddeld 750km aflê om hul hokke te bereik. Die duiwe is Sondagoggend om 07:15 op Christiana losgelaat met die eerstes wat nege ure later geklok is.
Hannes Grové (Boemerang) klok die eerste duif in die ope 1 wedvlug en Fanie Mollentze die wenner in die ope 2.
Carel Grové doen die Grové-naam gestand en klok eerste in die juniors se ope 1 met JW Schutte eerste in die juniors se ope 2.
Uitslae
- Ope 1: Boemerang (1); Gert Wessels (2, 11); R&R Lofts (3); Chapmar (4, 8, 24); Van Eeden Lofts (5, 12, 14); Barnard Lofts (6, 7, 30); Sinkfontein Hokke (9, 26); Hekka Fourie (10); Corrie Naude (13, 21); Gillroy (17, 18, 27, 28, 29); Mollentze Hokke (19, 25); Alan Gray (22); Boshoff RPL (23).
- Ope 2: Mollentze Hokke (1); Chapmar (2, 19, 30); Corrie Naude (3, 4, 5, 6); Barnard Lofts (7, 12, 15, 16, 17, 22, 23. 27); Alan Gray (8, 29); R&R Lofts (9); Gert Wessels (10); Boemerang (13, 21); Sinkfontein Hokke (18); Alfie Ladson (24); Gillroy (26); Hekka Fourie (28).
- Junior ope 1: Carel Grové (1); Tashinga Kadye (2, 3, 6); JW Schutte (4, 5).
- Junior ope 2: JW Schutte (1); Tashinga Kadye (2, 5); Carel Grové (3, 4, 6, 7).
Carel Grové met sy wenduif.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’