MOSSELBAAI NUUS - Twee van Mosselbaai Posduifklub se geharde duiweboere, Danie Barnard en Faunty Gillmer, het die afgelope naweek hul stemme dik gemaak en elkeen 'n wedvlug in die klub ingepalm.
Dié wedvlugte het vanaf Richmond (367km) plaasgevind.'n Jongduif van Danie wen vir hom die jaaroud afdeling met amper sewe minute. Tweede was Faunty, derde Jan Rousseau, vierde Thys Steenkamp en vyfde Casper le Grange.
Essie Esterhuizen bly elke week in die voorste pak met sy duifies wat in die ander vlieërs se nekke blaas. 'n Duif van Faunty klop Essie met net meer as twee minute, maar Essie het seker gemaak dat die manne hom ernstig opneem en palm die tweede tot vierde plekke in met Jan Rousseau in die vyfde plek.
Die duiwe word Saterdag op Hanover losgelaat.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'