TUINROETE DISTRIK ROLBALNUUS - Lede van Riversdal-rolbalklub het oor die afgelope paar weke aan heelwat byeenkomste, ook in ander dorpe, deelgeneem.
Van die toernooie wat deur hulle verteenwoordig was, is die interclub-liga, Mosselbaai Presidentsdag, die Eden o/20’s en Eden-liga.
Alle spel het ingevolge streng Covid-19 regulasies geskied, soos voorgeskryf deur Eden Bowls & BSA.
Die klubpresident, Elna de Wet (heel regs), staan by Charldré Saayman, Ashley Basson en Brendon Damons wat goed tydens die Mosselbaai Presidentsdag gevaar het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'