MOSSELBAAI ROLBAL-NUUS - Die Mosselbaai gemengde viere rolbalspan het bronsmedaljes in die Eden gemengde viere-kampioenskap verseker deur in die derde posisie in die reeks te eindig.
Die span, onder leiding van Tish Hockney, het deurgaans uitstekende spel in die baie kompeterende kompetisie opgedis en kon met bietjie meer geluk met die kampioenskap weggestap het. Die ander spanlede was Chris Hockney, Brenda Burger en Patrick Stockwell.
Die Mosselbaaiers het die span van Terrence Wilson (Outeniqua-rolbalklub) in die eindstryd om die derdeplek geklop.
Die wenners was die span van Billy Radloff met Attie Nortje se span, beide van Outeniqua-rolbalklub, wat die naaswenners was.
Die Mosselbaaiers het die span van Terrence Wilson (Outeniqua-rolbalklub) in die eindstryd om die derdeplek geklop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'