MOSSELBAAI NUUS - ‘n Groep 12-jarige netbalspelers het gisteraand (Donderdag, 27 Mei) aksienetbal teen nog ‘n span van 13-jarige meisies by die Mossel Bay Indoor Sports Arena in Voorbaai gespeel.
Die graad 6 leerders, genaamd Cherry Bombs het ‘n kompeterende spel teen die 13-jarige’s van Airtime gespeel.
Aksienetbal is ‘n vinnige sport en die spelers moes almal kop hou met die spoed waarmee die wedstryd gepaard gaan.
Die Cherry Bombs en Airtime was heeltyd kop aan kop maar Airtime het teen die einde die wedstryd met twee punte gewen.
Die eindtelling was 29 doele vir die Cherry Bombs en 31 vir Airtime.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'