MOSSELBAAI SPORTNUUS - Lede van die Diaz All Flightklub se duiwe het verlede naweek baie goed teruggekeer na hulle onderskeie hokke. Die wedvlugte het plaasgevind vanaf Prieska (503km).
In die klub se jaaroud-afdeling is dit Fanie Ackerman wat die eerste twee plekke verower gevolg deur Kalaharie Boesman in die derde plek en Alfie Ladson in die vierde plek.
In die klub se ope afdeling is dit Sunday Monteiro wat uitstekend presteer deurdat hy die eerste vyf plekke inpalm. Kalaharie Boesman behaal die sesde plek terwyl Ackerman die sewende plek behaal.
In die dorpseksie se jaaroud-afdeling is dit Alfie Ladson wat die eerste twee plekke behaal. Jerry van der Mescht vlieg die derde plek gevolg deur
Chris Nel in die vierde en vyfde plekke.
In die dorpseksie se ope afdeling vlieg Van der Mescht die wenduif. Ladson vlieg die tweede plek gevolg deur Van der Mescht weer in die derde en vierde plekke.
Uitslae:
Klub jaaroud: Fanie Ackerman (1, 2, 5, 6, 7, 14, 24); Kalaharie Boesman (3, 11, 26, 27, 28); Alfie Ladson (4, 8); Joe Lemos (9, 15, 17, 20, 21, 29, 30); Jerry van der Mescht (10); Sunday Monteiro (12, 13, 18, 19);
N&H Binedell (16, 22); Chris Nel (23, 25).
Klub ope: Sunday Monteiro (1, 2, 3, 4, 5, 10, 11, 14, 23); Kalaharie Boesman (6, 16, 25, 26); Fanie Ackerman (7, 17, 19, 24); Joe Lemos (8, 9, 15, 18, 21, 22, 28); Jerry van der Mescht (12, 27, 29); N&H Binedell (13); Alfie Ladson (20, 30).
Dorp jaaroud: Alfie Ladson (1, 2, 11, 12); Jerry van der Mescht (3, 6, 7, 9, 14, 16, 17, 18); Chris Nel (4, 5, 8, 10, 13, 15, 19, 20).
Dorp ope: Jerry van der Mescht (1, 3, 4, 9, 11, 16); Alfie Ladson (2, 5, 6, 19, 20); Chris Nel (7, 8, 10, 12, 13, 14, 15, 17, 18).
Hierdie naweek se wedvlugte vind vanaf Hopetown plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'