TUINROETE | KAROO NUUS - Vyf Oakdalers het die afgelope vakansie aan verskeie SA platteland interprovinsiale toernooie deelgeneem.
Tian Heyns en Neil Visser (o. 19A), Daniël du Preez (o. 16A), asook Danté Lategan en Sebastiaan Visser (o. 14A) het Eden vanaf 24 tot 28 Junie verteenwoordig.
Die uitslae was as volg:
o. 19 - Tian Heyns en Neil Visser speel elk agt wedstryde en die span behaal 27 potte en eindig algeheel negende.
o. 16 - Daniël du Preez speel ses wedstryde en het ook al sy ses wedstryde gewen tydens sy toernooi in Pretoria.
o. 14 - Danté Lategan speel agt wedstryde, waarvan hy twee wen. Sebastiaan Visser speel agt wedstryde en wen sewe tydens hulle toernooi in Potchefstroom.
Links is Sebastiaan Visser en regs Danté Lategan as lede van die o. 14 Eden-span.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'