MOSSELBAAI NUUS - Ashley le Roux en Mymie Oosthuizen was die wenners van onderskeidelik die mans- en vrouekompetisie tydens die jaarlikse Winter Classic gholfkompetisie van die Dolphins Creek-gholfklub op Groot Brak.
Hierdie was die hoogtepunt van 'n woelige week by die gholfklub en het weer heelwat inskrywings gelok. DTM Nissan George was vanjaar die hoofborg en het 'n groot rol in die sukses van die dag gespeel.
Le Roux se wentelling was 91 net met Oosthuizen wat met 'n telling van 101 net aangeteken het.
Die naaswenner was Lourens Janse van Niewenhuizen met 'n telling van 102 net terwyl Gerrie Bezuidenhout die derde plek ingeneem het met sy telling op 102 net.
Verlede Vrydag se weeklikse HOA Sundowner-kompetisie is deur Jan Labushagne (18 punte) gewen met Ray Saul (18 punte) die naaswenner en Johan Hamman (17 punte) in die derde plek.
Woensdag,14 Augustus se IPS-kompetisie is deur Johan Nel gewen met Niel Theron tweede, Joan Sladden derde en Louis Adams vierde. Toelie Fourie het die gelukstrekking ('n bottel wyn geborg deur Groot-Brakrivier Pick n Pay) gewen.
Die Winter Classic-wenners met hul pryse is van links, Ashley le Roux, Lourens Janse van Nieuwenhuizen, Gerrie Bezuidenhout en Mymie Oosthuizen.
Die wenners van Woensdag, 14 Augustus se IPS-kompetisie is van links, Johan Nel, Niel Theron, Joan Sladden en Louis Adams. Heel regs is Toelie Fourie wat die gelukstrekking ('n bottel wyn geborg deur Groot-Brakrivier Pick n Pay) gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'