MOSSELBAAI GHOLF-NUUS - Oktober is Boggomsbaai-gholfklub se verjaarsdagmaand. Dan vind daar twee belangrike gholfdae plaas naamlik die klubkampioenskappe wat verlede Saterdag plaasgevind en deur Gariep Finansiële Beplanners van Aliwal-Noord geborg is en die Mosselbaai Mall-dag, wat sedert verlede jaar tradisioneel aan die klub se verjaarsdag gekoppel word.
Dit vind op 20 Oktober plaas en almal is welkom om deel te neem.
Die klubkampioenskappe se A-afdeling het vanjaar baie interessant verloop.
Die klub se vier topspelers het mekaar werklik kwaai die stryd aangesê oor 27 putjies en op die ou end het Willem van Wyk (jnr) met een hou teen Leon van Schalkwyk geseëvier.
Willem was gelyk aan baansyfer na 18 putjies, met Leon 1 oor, en so het dit gebly tot aan die einde met die kanse om sake gelyk te maak in die weegskaal tot die laaste hou. Willem eindig op 3 oor en Leon op 4 oor baansyfer.
Uitslae
A-afdeling (27 putjies)
1. Willem van Wyk Jnr 111;
2. Leon van Schalkwyk 112;
3. Jaco Pienaar 119;
4. Henk Pienaar 119.
B-afdeling (18 putjies)
1. Marius Loubser 86 (brutotelling)
Beste nettotellings
1. Cassie Swanepoel 76;
2. André Beukes 79; 3. Ernest Roux 84.
C-afdeling
1. Tinus Prinsloo 98 (brutotelling)
Beste nettotellings
1. Willem du Plessis 81;
2. Bennie Pienaar 81;
3. Hannes Mills 81.
Vrouekampioen
Noelle van Schalkwyk 99 (brutotelling)
Stablefordkompetisie
1. Willem van Wyk (jnr) 41;
2. Leon van Shalkwyk 39;
3. John van Rensburg 33;
4. Willie van Wyk 33.
Naaste aan die penne is gewen deur John van Rensburg op 6/15 en Leon van Schalkwyk 9/18. Hou die Mossel Bay Advertiser dop vir al die borgdae gedurende die vakansietyd en onthou die Mosselbaai Mall-dag (IPS) op 20 Oktober.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'