MOSSELBAAI GHOLF-NUUS - Die liefde vir gholf is behoorlik gevier op Donderdag, 14 Februarie by die Mosselbaai-vrouegholf se jaarlikse Valentine's Mixed.
Daar was 128 mans en vroue, geklee in skakerings van rooi, wat die baan in die vierbal-alliansie-kompetisie aangedurf het. Na 'n heerlike dag se spel is die vieringe voortgesit met 'n Valentynsfunksie in die klubhuis.
Dit was voorwaar 'n dag om te onthou.
Wenners is soos volg:
- Ina Swart, Pieter Barnard, Regina Herbst en Nick van Noordwyk (90 punte)
- Jackie Braisher, John Braisher, Driekie Parker en Michael Parker (88 punte)
- Breggie Maritz, Stoffel Maritz, Bertus Vos en Charlene Vos (85 punte)
- Paula Jepsen, Jens Jepsen, Gerd Buchmann en Frauke Schmidt (83 punte)
- Christe-mari Meyer, Wouter Kotze, Monica Steyn en Ferdie Jonck (82 punte)
- Rachel Mulder, Martiens Mulder, Wessel Brand en Johan Buys (82 punte)
- Hettie Bruwer, André Bruwer, Annette Pretorius en Wiekus Pretorius (82 punte)
Naaste aan die pen
- Ilsa Bellion (vierde putjie)
- Johan Griesel (agtste putjie)
- Petra Koch (vyftiede putjie).
Die algehele wenners (nie in volgorde) Pieter Barnard, Ina Swart, Regina Herbst en Nick van Noordwyk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'