MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Die jaarlikse stryd om die stigtersbeker tussen die Suid-Kaap Sages en hul eweknieë van Outeniekwa het verlede Maandag, 24 Februarie, op die pragtige baan van Mosselbaai plaasgevind.
'n Totaal van105 spelers, 52 van Outeniekwa en 53 van die Suid-Kaap, het in 'n beterbal stablefordkompetisie teen mekaar meegeding en Suid-Kaap het vir die tweede agtereenvolgende jaar die tweestryd gewen.
Outeniekwa se gemiddelde stablefordpunte per paar oor die 18 putjies was 35,2 en die van Suid-Kaap 39,9. Suid-Kaap Sages sit dus hul goeie vertonings in kompetisies teen ander streke voort, nadat hulle laasjaar ook in 'n hele paar kompetisies koning gekraai het.
Die Suid-Kaap Sages komplimenteer die Mosselbaai-gholfklub met die pragtige toestand van hul baan en bedank hulle vir die voorbereiding en gebruik daarvan vir die groot toernooi.
In die kompetisie het die volgende pare die beste gevaar:
- Dirk Bosman en Vince Bruwer (Vince het as spookmaat opgetree) (SK) 49
- Fred Bull en Vince Bruwer (SK) 46
- Nelus en Mariaan Loots (SK) 46
- Errol Higgs en Leon Neveling (SK) 46
- Ernest Roux en John van Rensburg (SK) 45
- Bill Annandale en Alwyn Vorster (SK) 44
- Stoffel en Breggie Maritz (SK) 43
- Chris Lambrecht en Japie Genis (O) 42
- Charl Marais en Pierrie le Roux (SK) 42
- Paul Jacobs en John Ryan (O) 42
Naaste aan die penne is gewen deur Paul Jacobs (O) op 4 en 15, Dries Troskie (O) op 8 en een van Suid-Kaap se oudste lede, Pieter Vaughan (88 jaar) op 12.
Spogtwees is behaal deur Sid Bolton op 8 en 15, Charl Marais op 4, Paul Jacobs op 8 en Pine Pienaar op 8.
Die borge vir die naaste aan die pen spel is bedank vir hul bydrae.
Die volgende Suid-Kaap Sagessaamtrek is op 24 Maart op Boggomsbaai.
Wenners op Mosselbaai: Fred Bull, Nelus Loots, Mariaan Loots en Dirk Bosman.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'