TUINROETE DISTRIK GHOLFNUUS - Dit was 'n lang wag na die laaste Sagesbyeenkoms in Desember verlede jaar, maar die weersiens van ou gholfmaats was die wag werd.
Die Suid-Kaap Sages het Dinsdag, 16 Maart amptelik sy 2021-seisoen afgeslaan met 'n beterbalkompetisie op Boggomsbaai.
By die bestuursvergadering is melding gemaak dat Dirk Walters van Mosselbaai en Jannie Gildenhuys van Heidelberg intussen oorlede is. 'n Verdere verlies vir die klub is dat die oudste lid, George Sadowski deur sy kinders na Gauteng geneem is.
Die heerlike reën van die laaste paar weke het die omgewing pragtig opgevrolik, maar amper die gholfdag in die wiele gery. Met die afslaantyd om 09:15 op Dinsdagoggend het daar nog 'n reënbuitjie uitgesak, maar na 'n stewige ontbyt deur Hanna Roux kon die 33 spelers in heerlike weersomstandighede afslaan en die 18 putjies gemaklik voltooi.
Uitslae
Die volgende pare het die meeste stablefordpunte behaal.
1. Cassie Swanepoel (Boggomsbaai) en Wessel de Bruyn (Stilbaai) 44; 2. Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaai) 44; 3. Denzil Geldenhuys (Riversdal) en Tony Muller (Mosselbaai) 44; 4. Bennie Pieterse en Johan Cronjé (Mosselbaai) 41; 5. Ernest Roux en Willem du Plessis (Boggomsbaai) 40; 6. Johan Swart (Stilbaai) en Tinus Prinsloo (Boggomsbaai) 39; 7. Buks Reynders en Frans Cilliers ( Mosselbaai) 36; 8. Philip Claase en Jan Taljaard (Mosselbaai) 36 en 9. Fanie Wessels (Boggomsbaai) en Hannes Mills (Mosselbaai) 34.
Naaste aan die penne is deur André Beukes (Boggomsbaai) op 6/15 en Tony Muller op 9/18 gewen. Cassie Swanepoel, Marius Loubser, Fanie Wessels, Denzil Geldenhuys en Dawid Gerber het spogtwees behaal.
Die Suid-Kaap Sages het verlede jaar R8 600 bymekaar gemaak vir Kansa en hul nuwe voorsitter, Nic Marais het die geld in Februarie aan Minette van Zyl, die Mosselbaai-verteenwoordiger van Kansa SA oorhandig.
Die volgende Sages-byeenkoms is op 19 April op Mosselbaai.
Wenners van die dag is, van links: Denzil Geldenhuys, Marius Loubser, Tony Muller, Nic Marais (voorsitter), Wessel de Bruyn, Cassie Swanepoel, Johan Cronjé en Bennie Pieterse.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'