GHOLFNUUS - Die meeste bome op die Stilbaai-gholfbaan staan skeef soos die suidooster hulle gewaai het, maar verlede Maandag, 13 Maart, het 'n windstildag die Suid-Kaap Sages begroet.
Met sulke heerlike weer en die professionele en vriendelike ontvangs van Gerida Hough, bestuurder van Stilbaai-gholfklub, en haar bekwame bestuurslui, bly 'n besoek aan dié klub elke keer 'n hoogtepunt op die Sages se kalender.
'n Totaal van 64 spelers het aan die vierbal-samespelkompetisie (beste twee tellings) deelgeneem.
Vir die 83-jarige Bill Hart van Stilbaai was dit nogmaals 'n besondere dag, want hy het vir die 33ste keer 'n rondte van 81 houe gespeel wat 2 beter as sy ouderdom is. Dis voorwaar iets wat baie min spelers ooit beskore is.
Uitslae
Die volgende vierballe het die beste gevaar:
- Hendrik Cronjé, Wessel de Bruyn (Stilbaai), Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai) 93.
- Dirk Bosman, Gary Ristow, Lee Lippiatt en Willie Roos (Stilbaai) 92.
- Wilhelm Steenkamp, Bertie van Jaarsveld (Stilbaai), Ernest Roux en Johan Muller (Boggomsbaai) 92.
- Marius Dunn (besoeker van Outeniekwa), Denzil Geldenhuys (Riversdal), Tony Postma en Kenneth Lello (Stilbaai) 91.
- Charl Marais, Pinoc Jacobs (Stilbaai), Pieter en Annemarie Smit (Riversdal) 88.
- Melinda Gravett, Janet Ristow (Stilbaai), Martin en Eleonor Speelman (Mosselbaai) 88.
- Nelus en Mariaan Loots (Mosselbaai), Gerhard en Susan Buys (Stilbaai) 87.
- Bill en Celia Hart (Stilbaai), Fred Bull en Nic Marais (Mosselbaai) 86.
Naaste aan die penne is gewen deur Kenneth Lello (Stilbaai) op 2 en11 en Wessel de Bruyn (Stilbaai) op 8 en 17.
Fanie Wessels (Boggomsbaai), Piet van Wyk (Stilbaai), Willie Roos (Stilbaai), Pinoc Jacobs (Stilbaai) en Mariaan Loots (Stilbaai) het spogtwees behaal.
JC Slagtery van Riversdal het die worspryse vir die naaste aan die pen geborg en spelers van Stilbaai het ook wenpryse geskenk.
Die volgende Sagesdag ('n individuele Stableford-kompetisie), is op 17 April in Riversdal.
Wenners van die Suid-Kaap Sages se gholfdag in Stilbaai. Van links: Hendrik Cronjé, Wessel de Bruyn, Stoffel Maritz, Dirk Bosman, Breggie Maritz, Gary Ristow, Willie Roos, Nic Marais (voorsitter) en Lee Lippiatt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’