BOGGOMSBAAI NUUS - Boggomsbaai-gholfklub en die Pienaarboerdery loop al vir 'n hele paar jaar baie nou saam. Nie net is Hennie Pienaar vir jare al 'n ywerige lid by die klub nie, maar sy drie seuns het ook van kleins af op en langs die gholfbaan grootgeword. Nou is die oudste, Henk, al op universiteit en die ander twee, Jaco en Pienie, op landbouskool en al drie nog goeie en ywerige gholfspelers.
Hennie se tweelingbroer, Bennie, het laasjaar na lang afwesigheid weer begin gholf speel en is nou 'n gereelde gesig op Boggomsbaai.
Die twee broers het verlede Saterdag heerlike borgdag op Boggoms aangebied. Met gratis ete vir al die spelers by die halfwegstasie.
"Baie dankie aan julle twee. Ons almal hoop dit gaan sommer lekker reën hierdie jaar en dat dit baie goed sal gaan met jul boerdery."
'n Totaal van 25 spelers het aan die individuele stablefordkompetisie deelgeneem en die volgende spelers het die beste gevaar:
1. Hennie Pienaar 40 (hy het sy prys teruggeskenk en dit is opgeveil); 2. Willem van Wyk 39; 3. Muller Bruwer 37; 4. Pienie Pienaar 36; 5. Jaco Pienaar 34; 6. John van Rensburg 34; 7. Marius Loubser 33; 8. Hannes Mills 33; 9. André Beukes 33; 10. Conrad Carelse 32.
Naaste aan die pen op 9/18 is gewen deur John van Rensburg.
Die wenners op Boggomsbaai is, van links, Willem van Wyk (2de), Bennie Pienaar (borg), Hennie Pienaar (borg en 1ste), Muller Bruwer (3de) en Pienie Pienaar (4de).
'Ons bring jou die nuutste Boggomsbaai, Tuinroete nuus'