MOSSELBAAI GHOLF NUUS - Johan Nel en Eddie Hanekom het die afgelope Saterdag die baie kompeterende medaljekompetisie by Dolphins Creek-gholfklub gewen.
Die spelers het duidelik die "American Scramble"-formaat geniet en enduit om die louere gekompeteer.
Die naaswenners was Niel Theron en Ben Erasmus gevolg deur Johan Smit en Hekkie Gerber.
Die weeklikse Sundowner-kompetisie het weer heelwat spelers gelok wat die naweek met 'n potjie gholf ingelui het. Die kompetisie is in 'n IPS-formaat gespeel.
Jan Labuschagne was die uiteindelike wenner met Niel Theron tweede en James Barnard derde.
André Botha het met die prys vir naaste aan die pen weggestap.
Die wenners van die Sundowner-kompetisie is van links: Jan Labuschagne, Niel Theron, James Barnard en André Botha.
Die wenners van die madljekompetisie is van links: Johan Nel, Eddie Hanekom, Niel Theron, Ben Erasmus, Johan Smit en Hekkie Gerber.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'