Paul de Villers, voorsitter van Suid-Kaap, en Willie Faul van Langeberg het egter gepraat en besluit om die geleentheid 'n Tweehoekige saamtrek te maak. Die eerste van dié ontmoetings het dan op 18 Augustus op Swellendam plaasvind.
Daar sal jaarliks om 'n trofee meegeding word en die byeenkoms sal ook jaarliks alterneer tussen Swellendam en Heidelberg, die twee naaste punte aan mekaar.
Die wenspan in 2015 is veronderstel om die trofee te koop en die eerste gravering te doen. Dit lyk my die gedagte aan betaal het die Suid-Kaapspan so afgesit dat hulle maar sleg tweede gekom het! Die Langebergspan wen dan ook met 721 teenoor 690 van Suid-Kaap.
Eintlik spot ek maar, want dit gaan op so 'n dag oor veel meer as wen en verloor.
Uitslae
'n Totaal van 64 spelers het aan die Beterbalkompetisie deelgeneem en Langeberg se oorheersing was so absoluut dat Suid-Kaap se eerste paar eers in die vyfde plek ingeskop het. Die volledige uitslag was dan as volg:
1. Henry Eksteen en Nina Kriel (Langeberg) 47; 2. Johan van Molendorf en Johan Steyn (Langeberg) 45; 3. Joyce en Johan Spangenberg (Langeberg) 44; 4. Danie van Vuuren en John Cranwell (Langeberg) 44; 5. Chris Barnard en Pieter Vaughan (Suid-Kaap) 44; 6. Fred Bull en Marius Loubser (Suid-Kaap) 43.
Almal is gasvry ontvang in Swellendam en na die wedstryd ook op 'n heerlike bord kos getrakteer. Die reëntjie wat later uitgesak het, was so liggies dat almal dit kon oorleef en klaarmaak.
