MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Die buitengewoon warm weer ten spyt het die gholfers van Dolphins Creek-gholfklub die stokke uitgetrek en mekaar op die baan aangevat.
Saterdag is 'n driebal samespel-kompetisie gespeel wat uiteindelik deur Garth Sladden, Natie Bekker en Ben Erasmus gewen is met hul punte op 125.
Die Vrydag HEV Sundowner-kompetisie (IPS formaat) bly steeds gewild met verskeie spelers wat opgedaag het om hul slag te wys.
Die wenner van die kompetisie was klubkaptein Neil Theron (21 punte) gevolg deur Dan Fairley (19 punte) en James Barnard (17 punte). Nic Oosthuizen het die kompetisie vir naaste aan die pen gebuit.
Die wenners van die driebal samespel is van links Garth Sladden, Natie Bekker en Ben Erasmus.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'