MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Heidelberg-gholfklub vorm die westelike grens van die Suid-Kaap Sages, maar as dit kom by gunstelinge is dit vir baie van ons Sagesspelers een van die populêrste bane. So langs die Duiwenhoksrivier is die baan selde droog en die pragtige toestand waarin die baan nou is, getuig ook van baie knap bestuur van die baankomitee se kant af.
Neels Lourens van Heidelberg is nuut op die bestuur van Sages en het sy vuurdoop gehad met die 43 spelers wat kom speel het. Welgedaan, Neels.
Twee nuwe spelers van Heidelberg het by Suid-Kaap Sages aangesluit, naamlik Nicky Burger en Pieter Smuts. Ons hoop julle gaan 'n lang en gelukkige verbintenis met Sages hê. Pieter Vaughan van Mosselbaai het ook weer 'n welkome terugkeer gemaak na probleme met sy skouer en Jannie Gildenhuys van Heidelberg sterk aan nadat hy deur 'n hond gebyt is.
Dit is nodig om melding te maak van drie Suid-Kaapspelers wat gedurende die week van 16-20 April vir hulself groot naam gemaak het op die Sanlam Sages Nationals in Witbank. In die beterbal stablefordkompetisie het Niel van Heerden en Chris Barnard van Mosselbaai algeheel eerste gekom, 3 punte voor hul naaste teenstaanders.
Niel het ook die individuele stablefordkompetisie gewen en verower sodoende die Flight of the Fish Eagle-trofee. In die spankompetisie behaal hulle saam met Basie Nortjé van Riversdal en Peters Maboke van Hoëveld ook eintlik die meeste punte, maar omdat Peters nie van die Suid-Kaap af kom nie, gee die nasionale bestuur toe vir hulle 'n trofee vir die beste gemengde span.
Miskien is dit ook nodig om hier te noem dat Suid-Kaap huidiglik die tweede meeste Sagesspelers in die land het naas Boland met 96.
Terug na die Sageskompetisie op Heidelberg op 24 April. Die formaat van die kompetisie was 'n geelbal-beterbal stablefordkompetisie. Die twee spelers wat saamspeel slaan elke alternatiewe putjie af met die geelbal. Die speler met die geelbal se punte verdubbel op die putjie. As hy geen punte aanteken nie, word sy maat se gewone stablefordpunte gebruik op daardie putjie. Baie dankie aan al die instansies op Heidelberg wat ruim bygedra het tot die pryse van die dag, ook aan JC Slagtery wat soos altyd ons naaste aan die penne borg en ook vir ons 'n hamper gemaak het vir ons Kansatrekking.
Die uitslag was soos volg:
1. Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaai) 82; 2. Jaco Swanepoel en Charl du Randt (Riversdal) 82; 3. Jan Storm en Wempie Jacobs (Heidelberg) 75; 4. Bill Annandale en Alwyn Vorster (Stilbaai) 74; 5. André Beukes (Boggomsbaai) en Gary Ristow (Stilbaai) 74; 6. Davy Roberts en Denzil Geldenhuys (Riversdal) 74; 7. Neels Lourens en Pieter Smuts (Heidelberg) 74; 8. Ant Smith (Stilbaai) en Dawie le Roux (Heidelberg) 74.
Naaste aan die penne is gewen deur Noelle van Schalkwyk van Boggomsbaai op 4/13 en Davy Roberts van Riversdal op 7/16. Spogtwees is behaal deur Noelle van Schalkwyk (2), Davy Roberts, Denzil Geldenhuys en Leon Fourie.
Die volgende Sagessaamtrek is op 21 Mei op Mosselbaai en die formaat van die dag se spel is 'n multiplier.
Wenners op Heidelberg: Marius Loubser en Cassie Swanepoel (1ste), Charl du Randt en Jaco Swanepoel (2de), Bill Annandale en Alwyn Vorster (4de) en Jan Storm (3de). Wempie Jacobs, Jan se maat, was afwesig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'