MOSSELBAAI NUUS - Gerrie Bezuidenhout het Saterdag top gholf gespeel en Dolphin's Creek-gholfklub op Groot Brak se gewilde jaarlikse Winter Classic met 89 punte gewen.
Bezuidenhout was duidelik baie ingenome toe hy die wisseltrofee, wat tydens die kompetisie uitgeloof word, in ontvangs geneem het.
Die Winter Classic is een van die hoogtepunte op die klub se kalender en heelwat spelers het opgedaag om hul slag in die toernooi te wys.
Die donderweer te spyt het die deelnemers koelkop gebly en alles uitgehaal om hul beste voetjie voor te sit.
Frik Uys (92 punte) was die naaswenner met Willem Alberts (92) derde en Japie Genis (94) in die vierde plek van die medalje-kompetisie.
"Two Club"-wenners was Gys Genis, André Barnard, Dolf Groenewald, Willem Alberts en Frik Uys.
In die vorige dag se weeklikse Meatrun-kompetisie het Ben Erasmus (21 punte) gewen met Johan Hamman (18 punte) as die naaswenner.
Gerrie Bezuidenhout, wenner van die Winter Classic, verskyn heel links met die trofee. Langs hom staan (van links) Frik Uys, Willem Alberts en Japie Genis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'