Dit moet ook vermeld word dat grande dame Edie Edwards na 'n onlangse operasie haar hertoetrede tot die gholfbaan gemaak het. Bravo, Annette en Edie!
Goed, Jors Troelie vermoed dat bogemelde mondvol 'n verduidelikende uiteensetting verg. Dus: verlede Donderdag was die weer so sleg dat die eerste paar vierballe spoedig druipstert na die klubhuis teruggekeer het, waarbinne die ander spelers gholfbelustig die weer betrag het. Boonop sou die jaarvergadering na die vroue se weeklikse kompetisie gehou word.
Gelukkig het die nimmer-volprese vroulike logika die program omgedop en met die algemene jaarvergadering in die slegte weer begin.
Hiertydens is Annette as kaptein herkies.
Hierna kon die vroue onder 'n blou hemel in 'n enkelstableford-kompetisie kragte meet.
Die uitslae was soos volg: 1. Annette Pretorius (41); 2. Ilze Nel (39); 3. Gloria Greyvenstein (38), 4. Betsie Fourie (36); 5. Bridget Conway (36); 6. Gail Botha (36). Ilze, wat die bal ver en naby kompas-seker geslaan het, was ook die naaste aan die vlag op nommer 8.

Wenners van die dag - sittend: Ilze Nel, staande: Gail Botha, Bridget Conway, Annette Pretorius, Betsie Fourie en Gloria Greyvenstein.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'