TUINROETE DISTRIK GHOLFNUUS - Om op 89-jarige ouderdom nog gholf te kan speel en boonop stof in die oë van jonger spelers te skop, is 'n wonderlike voorreg en gawe.
Pieter Vaughan, lid van die Suid-Kaap Sages het op Dinsdag, 21 September op Boggomsbaai 42 stablefordpunte aangeteken om sodoende loshande in die eerste plek te eindig.
'n Totaal van 38 Sagesspelers het saamgetrek en in 'n individuele stableford-kompetisie meegeding. Die weer het saam-gespeel en die spelers van die Suid-Kaap kon daarmee saam ook die gasvryheid van die Boggomsbaai-gholfklub geniet.
Uitslae
1. Pieter Vaughan (Mosselbaai) 42; 2. Bernice Cloete (Mosselbaai) 39; 3. Kwartus Sieberhagen (Mosselbaai) 37; 4. Josef Botes (Riversdal) 36; 5. Van le Roux (Boggomsbaai) 35; 6. Grové Koch (Riversdal) 35; 7. Gary Ristow (Stilbaai) 34; 8. Dave Gravett (Stilbaai) 34; 9. Branko Celica (Stilbaai) 34 en 10. Freddie Stander (Boggomsbaai) 34.
Naaste aan die penne: Grové Koch op 6/15 en Fred Bull van Mosselbaai op 9/18.
Spogtwees: Fred Bull, Freddie Stander en Bernice Cloete.
"Ons het van die afsterwe van 'n oudlid, Evert Nel van Stilbaai verneem en wil deur hierdie weg ons simpatie betoon teenoor die familie," het Marius Loubscher namens Suid-Kaap Sages gesê. Die volgende Sagessaamtrek is op 12 Oktober op Stilbaai.
Die wenners is van links: Pieter Vaughan, Grové Koch, Josef Botes, Kwartus Sieberhagen, Bernice Cloete en Van le Roux.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'