MOSSELBAAI NUUS - Albertinia United moes twee keer die knie buig in die openingswedstryde van die Local Football Association (LFA) wat Saterdag in Albertinia begin het.
Agt klubs in die Hessequa-streek neem deel aan die kompetisie. Dit was die spanne se eerste wedstryde vir die 2017 sokkerseisoen en alle sokkerklubs doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle wedstryde by te woon en hul spanne te ondersteun.
Die spanne is Albertinia United; Young Spurs (Riversdal); Zama-Zama (Riversdal); Riversdal Progress; Warriors FC (Heidelberg); Heidelberg FC; Young Stars (Riversdal) en United Brothers FC (Riversdal).
Uitslae
Eerste ronde:
Albertinia United (2 ) vs Young Spurs (7); Zama-Zama (3) vs Riversdal Progress (1);
Tweede ronde: Young Spurs (3) vs Riversdal Progress (2) Albertinia United (1) vs Zama-Zama (10).
Warriors FC, United Brothers, Heidelberg FC en Young Stars het nie vir hulle wedstryde opgedaag nie.
Ziaan van Rensburg van Riversdal Progress probeer hier balbesit kry.
ARTIKEL & FOTO'S: HEINRICH FORTUIN, MOSSEL BAY ADVERTISER JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'