Dit was 'n naelbytstryd met Titans, wat as oorwinnaars van die veld gestap het.
Titans het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle benut die volle 25 boulbeurte en teken 171/5 aan. Frikkie Theron 30*, Ricky Lessing 30*, Jacques Theron 21 en Kobus Swanepoel 21 was die span se beste kolwers. Ivan van der Merwe neem 2 paaltjies vir 5 lopies in 2 boulbeurte.
Mosselbaai kon egter nie die wentelling in hul toegelate 25 boulbeurte behaal nie en teken 151/8 aan. Barry Oosthuizen 33*, Christo Bosch 31* en Dirk Hoffeldt 28* was die span se vernaamste lopiemakers.
Ricky Lessing neem 2 paaltjies in sy toegelate boulbeurte met drie ander spelers, wat ook elk 'n paaltjie neem en die span wat ook twee uithardloopkanse benut.
Tydens die prysuitdeling word Buks Burmeister van Titans as die speler met die beste kolfgemiddeld aangewys, met Hendrik Fourie, ook van Titans, as die speler met die beste boulgemiddeld. Jacques Theron van Mosselbaai ontvang die toekenning as Speler van die Seisoen.
Dankie
Die bestuur en spelers van die Aandliga bedank die volgende persone en instansies vir hul borgskappe: Mosselbaai Toyota, Spec-Savers, Jakkalsvlei Wynkelders, Primagas, Hyper Midas en Stars. 'n Groot dankie gaan ook aan Mosselbaai Munisipaliteit vir die daarstelling van die krieketveld.
'n Baie trotse Titans krieketspan met hulle trofee as wenners van die 2013/2014 Mosselbaai Toyota / Specsavers Aandliga-krieketreeks. In die middel agter staan die kaptein van die span Kobus Swanepoel. Foto's: Tersia Marais.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'