MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope naweek het Hoërskool Punt se o/15- en o/19-krieketspanne teen die Struisies van Hoërskool Oudtshoorn te staan gekom.
Punt se eerstespan het tuis gespeel en eerste gekolf. Punt boul Struisies uit vir slegs 92 lopies.
Struisies baklei egter goed terug in die veld en 'n spannende naelbytwedstryd eindig gelykop.
Die o/15-span speel in Oudtshoorn en kolf eerste. Die kolfwerk het stadig begin en Eduan Hobbs, Ewan van der Westhuizen, D'Arcy Birkholtz en Kyle Moodley kon met die stewige platform gestel, lekker versnel. Punt teken 110 lopies aan.
Struisies sukkel vanaf die eerste bal en verloor gereeld paaltjies gedurende hul kolfbeurt.
Punt se Kyle Moodley en Evan Schoeman blink uit met bal in die hand. Kyle neem vyf paaltjies. Die span van Punt wen die wedstryd met 10 lopies in 'n spanningsvolle einde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'