MOSSELBAAI KRIEKET-NUUS - Hoërskool Punt se krieket het die jaar op ‘n hoë noot begin.
Die o/15-span speel teen Oakdale. Oakdale kolf eerste en teken 66 lopies aan. Punt teken dit gemaklik aan met slegs drie paaltjies plat. Punt wen met sewe paaltjies.
Die graad 8’s blink uit met Whitey Bester wat vier paaltjies neem en Evan Schoeman met die kolf.
Die eerstespan het twee agtereenvolgende naweke teen Knysna HS gespeel.
Beide naweke teken Punt groot tellings aan en Knysna haal nie eens 100 lopies nie. Punt wen beide wedstryde met gemak. Geluk aan Jan-Hendrik Marx met twee 40-talle en ses paaltjies vir 10 lopies. Henko Senekal teken ‘n mooi 66 aan en Estian Hobbs ‘n baie goeie 71.
Donderdag het Punt se eerstespan teen Glenwood House in ‘n T20 wedstryd gespeel. Jan-Hendrik Marx maak weer die pap dik aan met ‘n goeie en baie vinnige beurt met die kolf. Punt teken 136 lopies aan en boul Glenwood uit vir 129. Punt wen met 7 lopies.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'