Gallery
KRIEKETNUUS - Die Hoërskool Punt Krieketfees is van 30 September tot 3 Oktober as deel van die Mosselbaai Sport en Rekreasiefees aangebied.
Vrydagaand, 29 September, is al die afrigters verwelkom in die Hoërskool Punt se klubhuis. Van die spanne het in Huis Pepler gewoon en almal wat in die koshuis en Mosselbaai gewoon het, het daagliks saam ontbyt geëet by Hoërskool Punt se koshuis.
FOTOGALERY: Hoërskool Punt Krieketfees
Wedstryde is aangebied by die Van Riebeeckstadion se A-, B- en C-veld, Curro Mosselbaai, D'Almeida Stadion, Laerskool Hartenbos, Saasveld kampus (NMU), Glenwood House, Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium en Bridgeton RPC.
Die volgende 17 skole het aan die fees deelgeneem: Hoërskool Punt, Curro Mosselbaai, Hoërskool Outeniqua, Glenwood House, Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Jim Fouche, Hoërskool Sentraal (Bloemfontein), Marlow Landbouskool, Die Brandwag, HTS Daniel Pienaar, Framesby, Nico Malan, Strand , DF Malan, Tygerberg, Hoërskool Belville, Paarl Gimnasium, Paarl Boishaai, Swartland, Charlie Hofmeyer, Dirkie Uys, Worcester Gimnasium en Bridgeton RPC.
Hoërskool Punt is baie dankbaar vir al die skole, spelers, afrigters en hulle ouers wat die fees bygewoon het, asook die plaaskike munisipaliteit en skole wat gehelp het om die velde in 'n puik toestand te kry.
Al die uitslae en foto's is op Mossel Bay Advertiser se webblad beskikbaar.
Hoërskool Punt se kolwer, Jesse Lewis, in aksie tydens Vrydag, 29 September se wedstryd teen Hoërskool DF Malan.
Zane Greyling, kolwer van Hoërskool Punt slaan hier die krieketbal na die boulwerk van Hoërskool DF Malan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’