SUID-KAAP NUUS - Pacaltsdorp United het vir 'n opskudding gesorg toe hulle 'n twee lopies oorwinning oor Unios Stars, die SWD-Premierliga krieketkampioenspan, losgeslaan het. En dit nog op Unios Stars se tuisveld, die Bridgton-sportterrein.
Pacaltsdorp het eerste gekolf en 'n stewige 208/8 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken.
In 'n naelbyt wedstryd het die besoekers Union Stars op 206 almal uitgeboul.
Ruall de Reuck (58), Rowan Groenewald (55) en Jermaine Jeona (41) het waardevolle bydraes met die kolf gelewer.
Die Premierliga opgesomde telkaarte is:
Union Stars vs Pacaltsdorp United
Pacaltsdorp United 208/8 (50): Ruall de Reuck 58, Rowan Groenewald 55, Jermaine Jeona 41, Breyton Arries 3/18 en Dillan Nuys 2/31.
Union Stars 206/10 (39.2): Envirino Swartz 45, Douglas Baartman 41, Pieter Stuurman 38 en Monre May 2/46.
Pacaltsdorp United wen met twee lopies.
Pioneers teen Mosselbaai
Mosselbaai: 175/10 (49.1): Marco de Kock 31, Jacques Budricks 52*, Wayne Oraai 3/13, W. Weber 3/25 en A. Windvogel 2/35.
Pioneers: 84/10 (30.1): W. Weber 24, Christo van Schalkwyk 4/39, Jacques Budricks 3/10 en Shane Smith 2/15.
Mosselbaai wen met 91 lopies.
Harlequins Magte teen George
George 85/10 (28): Enver Bezuidenhout 17*, Grant Simpson 17, Rhupino Plaatjies 4/17, Clayton Marneville 2/6 en Neil Hendricks 2/17.
Harlequins Magte 86/4 (16.1: Jermaine le Kay 44 en Grant Simpson 2/22.
Harlequins Magte wen met ses paaltjies.
Ramblers vs Pirates United
Wedstryd afgestel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'