Gallery
MOSSELBAAI KRIEKETNUUS - Hoërskool Punt het vanaf 21 tot 24 September, in samewerking met KFC Heiderand en Voorbaai, die KFC Punt-kriektfees vir o/19-spanne aangebied.
Dit is vanjaar die 21ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaarkom om krieket te speel en vorm deel van die Mosselbaai-munisipaliteit se jaarlikse sportfees.
'n Totaal van 26 spanne het vanjaar aan die toenooi deelgeneem en wedstryde is in Mosselbaai, George en Oudtshoorn gespeel.
Punt het die toernooi die Saterdag by die Van Riebeeck-stadion afgeskop met 'n kragmeting teen Hoërskool Swartland van Malmesbury. Punt slaan 242 lopies met Jan Hendrik Marx (graad 12) wat vir Punt uitblink met die kolf en 104 lopies aanteken. Ewan Schoeman (graad 8) skitter met die bal en neem sewe paaltjies. Punt wen die wedstryd maklik met 120 lopies.
Op Maandag, 23 September het Punt teen Tygerberg gespeel en haal die Kaapse manne almal uit vir 84 lopies. Ewan Schoeman blink weer met die bal uit en neem vier paaltjies wat vir hom 'n totaal van 11 paaltjies in sy sewe beurte in die twee wedstryde besorg. Ongelukkig is Punt uitgeboul vir 54 en het hulle die wedstryd verloor.
Daarna het Punt 'n T20 teen Hoërskool Charlie Hofmeyr van Ceres gespeel en het hulle met 22 balle vasgeval.
Die wedstryd tussen Punt en DF Malan het goeie skolekrieket opgelewer.
Op Dinsdag, 24 September het Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn teen Paarl Gimnasium gespeel en die span van Paarl geklop. Punt
Toerspan wat later oorsee gaan speel is uit die deelnemende spelers gekies en sal later bekendgemaak word.
'n Bowler van DF Malan stuur 'n bal af na Punt se kolwer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'