Video
MOSSELBAAI ATLETIEKNUUS EN VIDEO - Die eerste Winterliga-atletiekbyeenkoms het op 25 April weer by die Van Riebeeck-stadion begin.
Die inisiatief bied atlete van alle ouderdomme die geleentheid om aan byeenkomste deel te neem aangesien daar 'n groot aanvraag daarna in die SWD-streek is en dien dan ook as voorbereiding vir die komende atletiekseisoen.
Die volgende atlete het reeds hulle staal gewys:
• Beste prestasie: Dané Prins (D16 1 500m stap) - ETA-geskenkpak
• 2de beste prestasie – Zané Kruger (D14 200m) - De Jagers-geskenkbewys
• 3de beste prestasie – Zathan McCarthy (S19 200m) - De Jagers-geskenkbewys
• 4de beste prestasie – Brian-Louw Kruger (S16 200m) - De Jagers-geskenkbewys
• 5de beste prestasie – Anlo Ferreira (S16 200m) - De Jagers-geskenkbewys
Daar is ook 20 rekords verbeter tydens hierdie eerste byeenkoms.
Die liga is oop vir alle atlete en byeenkomste vind elke tweede Woensdag tussen 17:00 en 19:00 by die stadion plaas. Die inskrywingsfooi is R35 per atleet per byeenkoms.
Atlete kan aan alle items op die program deelneem. Daar word meegeding in verskeie baan items, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi. Pryse vir atlete met besondere prestasies, sal weekliks uitgedeel word.
Vir meer inligting kan Eden Athlete Management Services gekontak word (083 265 0798).
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'