Gallery
MOSSELBAAI ATLETIEK-NUUS - Die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms van Hoërskool Punt het verlede week by die Van Riebeeck-stadion plaasgevind.
Die spanne het deurentyd hul atlete luidkeels aangemoedig en uiteindelik het die Groenspan as die wenners uit die stryd getree met 573 punte. Die Rooispan was tweede met 494 punte met die Bloues kort op hul hakke met 468 punte.
Die junior victor ludorum is Dylan Boshoff en die junior victrix ludorum is Lara Lubbe. Die senior victor en victrix ludorum is onderskeidelik Stephan Fourie en Andrea Kommer. Hierdie vier atlete se prestasies is soos volg:
- Lara Lubbe (o/14) - eerste plekke in 300m hekkies, 90m hekkies, 200m en 400m.
- Dylan Boshof (o/15) - eerste plekke in gewigstoot en diskus en 'n tweede plek in hamergooi.
- Andrea Kommer (o/19) - eerste plekke in gewigstoot, spiesgooi en driesprong en 'n sesde plek in diskus.
- Stephan Fourie (o/17) - eerste plekke in 3 000m, 400m en 800m en 'n tweede plek in 1 500m.
Altesaam 451 atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en hoewel daar baie pret en plesier was, het die ernstige atlete sewe bestaande rekords verbeter.
Anika Beukes is een van Hoërskool Punt se toegewyde en veelsydige atlete.Foto: Tersia Marais
Die volgende atlete het nuwe rekords aangeteken:
- Girard September - 400m hekkies seuns, 17 jaar (1:03.90)
- Eben Conradie - 5 000m mans, 19 jaar (19:21.00)
- Abigail Figland - driesprong meisies, 17 jaar (9.85)
- Andrea Kommer - driesprong vroue, 19 jaar (10.37)
- Jandri Snyders - 800m meisies, 15 jaar (2:29.40); 1 500m meisies, 15 jaar (5:02.10)
- HJ Nell - 1 500m seuns, 14 jaar (4:39.40)
- Callie Schutte - verspring seuns, 17 jaar (5.85)
HJ Nell het die rekord van F van Zyl in die 1 500m gebreek. Die ou rekord van 1987 was 4:49.10 en HJ se tyd was 4:39.10. HJ het die rekord wat al vir 32 jaar staan, met 10 sekondes verbeter.
Daar word nou uitgesien na die Mosselbaai-streekskampioenskappe wat op 2 Februarie in Mosselbaai plaasvind.
Girard September het met hierdie sand wolk die pragtige afstand van 5.83m in die verspring behaal. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'