MOSSELBAAI ATLETIEKNUUS - Eden Athlete Management Services, in samewerking met Nedbank Running Club en ASWD het die afgelope naweek 'n worpebyeenkoms in Mosselbaai aangebied.
Die byeenkoms was oop vir atlete van alle ouderdomsgroepe.
Weens die kommer oor inperkingsregulasies is spanne van buite die provinsie toegelaat om vanjaar virtueel deel te neem voor die byeenkoms in Mosselbaai plaasgevind het.
Daar was vanjaar meer as 250 atlete van reg oor die land wat aan hierdie unieke byeenkoms deelgeneem het, met 150 atlete wat saam met hulle afrigters, spanbestuurders en beamptes die pragtige sportfasiliteite in Mosselbaai kon kom geniet.
Hoewel almal verwag het dat atlete senuweeagtig gaan wees en nie die tipe prestasies gaan lewer wat hulle kan nie, het die kinders gewys hoe lus hulle vir kompetisie is deur ver beter as verwag te presteer.
Atlete vanuit die provinsie wat puik presteer het sluit in:
- JD Heyns wat die beste afstand vir vanjaar wêreldwyd in gewigstoot vir mans 50 jaar behaal het.
- Karlien Oelofse (Laerskool George-Suid / Eden Athlete Management Services) - meeste punte deur 'n o/11 meisie behaal
- Miïke Scholtz (Laerskool Hartenbos / Hartenbos Worpe Akademie) - meeste punte deur 'n o/12 meisie behaal
- Chanelle Britz (Hoërskool Outeniqua / Eden Athlete Management Services) - meeste punte deur 'n o/16 meisie behaal
- Deacon Cooper (Hoërskool Outeniqua / Eden Athlete Management Services) - meeste punte deur 'n o/16 seun behaal
- Marli Ellis (Langenhoven Gimnasium) - meeste punte deur 'n o/18 meisie behaal
- Righart Stander (HLS Oakdale) - meeste punte deur 'n o/18 seun behaal
- Elmé Botha - meeste punte deur 'n vrou in die ope afdeling
Hoërskool Outeniqua het vierde uit die 50 spanne wat deelgeneem het, geëindig.
Groot dank gaan almal wat bygedra het tot 'n suksesvolle eerste atletiekbyeenkoms in die provinsie vir die nuwe seisoen.
Chernan Joseph het puik gevaar in gewigstoot, diskus, spiesgooi en hamergooi.
Elmé Botha (vroue ope wenner) saam met Jannie Nel, organiseerder van die byeenkoms.
Norman Hough (mans ope wenner) ontvang sy wisseltrofee van organiseerder Jannie Nel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'