'n Hele paar van hierdie atlete spog met hardloopgene.
Jandri Snyders en haar tweelingsussie was nog in die doeke en te jonk vir deelname toe hulle ouers hulle tydens die Ernst Louw 10km wedloop in 'n stootkarretjie gestoot het totdat hulle oud genoeg was om self deel te neem.
Nog 'n atleet met hardloopgene is Jana Boleslawsky. Haar pa Pieter was op sy tyd ook 'n kranige atleet van die klub.
Vir Hartenbos Drawwers is die deelname van hierdie 10 atlete 'n besonderse prestasie, aangesien hulle deel is van 3 252 deelnemers van 17 atletiekprovinsies wat gaan deelneem.
Die byeenkoms word vir die eerste keer elektronies tydgehou. Uitslae sal onmiddellik na elk van die 25 wedlope beskikbaar wees. Hierdie sal ook 'n eerste wees in SA Landloopkampioenskappe.

Hartenbos Drawwers se atlete wat Saterdag aan die SA kampioenskappe op George gaan deelneem: (agter) Cyril Sheen, Jana Boleslawsky, Marietjie Joubert, Dirk Joubert, (voor) HJ Nel, Jandri Snyders, Elize Kloppers, Craig Streuderst en Philendro Voigt. Afwesig: Leon Adams van Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'