MOSSELBAAI NUUS - Curro Mosselbaai se atlete het die Bestmed Eden-straatmylreeks goed benut om hul fiksheid op die proef te stel.
Sarah Viljoen het die Oudtshoorn Klein Karoo-straatmyl klaargemaak as derde SWD vrou in die ope afdeling. Linél Engelbrecht het die junior afdeling van die bergfietskompetisie in George gewen. Sy het ook derde in die ope afdeling geëindig.
Met die atletiekseisoen wat reeds in die eerste week van die nuwe skooljaar afskop is hierdie tipe byeenkomste van onskatbare waarde vir atlete wat beplan om in 2019 te presteer op die atletiekbaan.
Sarah Viljoen het aan die straatmyl en Linèl Engelbrecht het aan die bergfiets "Eliminator" deelgeneem by Saasveld. Viljoen het by al drie straatmyle onder die top vyf SWD-atlete geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'