Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die kombinasie van pret, plesier en atletiek ten bate van Kansa is die wenresep van die straatmyl wat hierdie jaar reeds vir die derde agtereenvolgende keer deur die Mosselbaai Mall op hulle perseel aangebied is. Sowat 30 spanne het vir die geleentheid ingeskryf.
Skole vanuit die omgewing het ingeskryf en Laerskool Bertie Barnard van Stilbaai het sewe spanne ingeskryf.
St Mary’s van George het ook ver gereis en die gesonde wedywering tussen die plaaslike skole se atlete het gesorg vir groot opwinding in die vierde resies waar die SAP Cool Runnings span, die jonger Witblitze van Hoërskool Punt en Curro Mosselbaai se Wilddogs Young Guns en Rubouw goed opgekeil het.
Kyk 'n video hieronder.
Die toekoms van ons ekonomie in wording.
Die wenners in die verskillende kategorieë was soos volg:
- Bes geklede span: Runaway brides
- Skool met meeste spanne: Curro Mosselbaai
- Besigheid met meeste spanne: Remax
- Eerste Besigheidspan: SAP (Cool Runnings)
- Eerste Skoolspan: Curro
- Eerste algehele span: SAP (Cool Runnings)
Daar word reeds met groot verwagting na die geleentheid in 2019 uitgesien.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'