MOSSELBAAI NUUS - Wyk 4 se wyksraadslid, Annatjie Janse van Rensburg en haar span, het Woensdag, 5 Februarie hul handdoekprojek by die Diere Beskermingsvereniging (DBV) in Mosselbaai geloods.
'n Totaal van 350 handdoeke is aan die DBV geskenk om in die hondehokke te gebruik.
Later die dag is handdoeke oorhandig by Groot-Brakrivier se polisiestasie vir hul traumakamer, asook by die Groenkloof-aftree-oord in Groot-Brakrivier se verswakte afdeling.
Laerskool Vorentoe in Groot-Brakrivier se graad R-leerders het ook handdoeke ontvang, asook die Powertown-kleuterskool.
Van links: Kobus Kotze (DA wyk 4), raadsheer Dirk Kotze (uitvoerende onder-burgemeester en voorsitter van die Mosselbaai-kiesafdeling), Marilyn Collins (DA wyk 4), raadslid Annatjie Janse van Rensburg (DA-wyksraadslid wyk 4), Mary-Ann Chordnum (SPCA), raadslid Niklaas Booisen (onder-voorsitter Mosselbaai-kiesafdeling) en Gerda Reynders (SPCA takkoördineerder).
Raadslid Annatjie Janse van Rensburg (DA-wyksraadslid wyk 4) saam met een van die honde en sy nuwe handdoekie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'