NASIONALE NUUS - Die matriekeksamen (en ook eindeksamens vir die ander grade) is met ons en Afrikaans.com wys net weereens op hulle Leerhulpafdeling waar ouers, leerders en onderwysers nuttige materiaal kan bekom.
Klik hier en kies die afdeling van toepassing. Kyk veral na die Lapa vir laerskool- en hoërskool-afdeling.
Die gratis inligting is beskikbaar gemaak met vergunning van Lapa Uitgewers. Volgens Afrikaans.com word die gratis hulpbronne ten beste benut wanneer ’n mens dit kombineer met hul addisionele materiaal en opleidingsprogramme.
Kies uit studiegidse, klasgidsartikels, luistertoetse, PowerPoint-aanbiedings en meer.
Matrieks: Kyk en luister ook hier vir wenke vir Afrikaans Huistaal se Vraestel 2: Gedigte.
Christopher Banda van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gee wenke oor voorbereiding vir hierdie belangrike vraestel.
Hy wys op die slaggate en woordeskat waar leerders soms kleitrap. Lees en luister na die potgooi. Sterkte met die voorbereiding!
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'