Volgens ’n bron sal sy glo elders in die regering aangewend word.
Dit terwyl pres. Jacob Zuma moet besluit of hy ’n regterlike kommissie gaan aanstel om Phiyega se geskiktheid vir die pos te ondersoek – soos wat regter Ian Farlam aanbeveel het.
Phiyega, wat as maatskaplike werker opgelei is, se driejaar-termyn is deur ’n reeks krisisse gekenmerk.