HESSEQUA NUUSFLITS - Goedkeuring is van CapeNature verkry vir die ontwikkeling van ‘n uiters noodsaaklike rehabilitasiesentrum en toegvlugsoord vir inheemse wild in die Wes-Kaap.
Die landgoed, Wild Rescue, is halfpad tussen Riversdal en Stilbaai geleë, ‘n geproklameerde natuurreservaat wat grens aan die Goukourivier.
Verskeie ekosones en bedreigde plante word hier aangetref.
Hierdie toevlugsoordfasiliteit is oop vir die publiek en veral akademici en nagraadse studente word verwelkom.
Wild Rescue is gestig om inheemse wild te behandel en dan vry te laat, asook om ‘n veilige en gelukkige hawe te skep vir diere wat kwesbaar is en nie weer in die wild vrygelaat kan word nie.
Kyk 'n video en lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'